Thursday, July 24, 2008

Brrrrrr

Vandag was een van daardie perfekte dae. 27 Grade, blou lug en amper geen wind. Ons is saam met Thinus strand toe en het die hele middag daar gaan rondlĂȘ. Dit was so lekker. For the sace of decency het ek maar die keer my swemklere aangehad. Ek het selfs in die Noordsee gaan induik. Dit was brrrrr. Meeste van die tyd het ek net op my rug gedryf en die blou lug gekyk. Dis darem maar nie Suid-Afrika se lug-kleur nie. Maar dit was heerlik en op 'n so-koud-dat-jy-alle-gevoel-in-jou-ledemate-verloor manier nogal bevrydend. Hier is nie eintlik golwe nie, so mens kan seker vir ure so op jou rug ronddryf, maar ek was bang die see trek my in en gooi my in Ysland of, nog erger, Engeland uit.

Vannaand gaan ons eg Suid-Afrikaans wees en braai. Nie barbeque nie, braai. Ek beplan selfs braaibroodjies en slaai... See, son, slaai en braai. Wat 'n lekker dag.

No comments:

Post a Comment