Wednesday, July 23, 2008

Multitasking



Ek is seker Roderick het die dag wat hy die tripod gekoop het, gedink hoe dit hom sal help om mooier foto's te neem. Ek kan my selfs indink hoe hy hom beelde van landskappe, blomme, gediertes, mense, die see, die lug, die maan en nog meer helder en sonder die bewerigheid van 'n hand-gehoude kamera kon sien optower. Ek is ook redelik seker dat bogenoemde beelde nie daardie dag in sy kop aanwesig was nie... Mens moet twee X-chromosome hĂȘ om apparate ten volle te kan benut.

No comments:

Post a Comment