Thursday, July 3, 2008

Witgoed


In die winkels word van kombuismasjiene as witgoed gepraat. Ons s'n het uiteindelik opgedaag!! Gister het die wasmasjien, tuimeldroƫr, yskas, mikrogolfoond en TV versigtig hier teen ons steil trappe opgeklim en in ons kombuisie tot ruste gekom. Op die foto is nog die blou cooler box wat ons tot nou toe as 'n yskassie gebruik het. Na alles uit hom in die yskas ingepak is, het dit maar verdwaald gelyk in die groot spasie. Niks soos witgoed om mens bietjie perspektief te gee nie. Ek dink nie ek was al ooit so bly om 'n wasmasjien te sien nie.

No comments:

Post a Comment