Sunday, December 5, 2010

Kreatief

Komende naweek is die midwinter fair. Die idee is om mooi middeleeus op te dress. In die koue natuurlik. Ek dink nog steeds on gaan verkluim, maar ons was nou nogal besig die laaste ruk.

Saterdag - toe dit net begin hard sneeu het - was die rok nog in baie pante en stukke.

Vandag - Sondag - het ons gou die cloak gemaak. Die materiaal het ek laasweek by die markt in Amsterdam aangeskaf. Die foto's is in die aand en met die selfoon geneem, maar ek sal regtig mooi foto's volgende Saterdag neem sodat die ongelooflike mooi patroon op die mantel mooi duidelik sigbaar is.


Die goue rok - uiteindelik klaar. Die onderrok hang nou nie mooi vir die foto nie, maar ek sal Saterdag die mooi lewende paspop vir die fotos laat stilstaan. Ek is ongelooflik trots op wat ons bereik het - veral oor ons meestal in satyn moes werk. Onvergewensgesinde materiaal daardie.

No comments:

Post a Comment