Friday, December 31, 2010

Sesuur die aand op Oujaarsdag


Vanaf 10uur die oggend is dit wettig om vuurwerke af te steek. Ek sidder om uit te reken hoeveel duisende euro's gemors word deur dit in die daglig al te doen, maar noudat dit ordentlik donker is, is dit regtig mooi. Die foto en video is net voor ses van my balkon af geneem (sonder zoom). Bietjie later word die lug so vervuil met al die rook dat dit steeds 'n fantastiese gesig is, maar nie meer goeie video- en fotobeelde maak nie.

No comments:

Post a Comment