Sunday, December 5, 2010

Sinterkaas



Vanaand is pakjesavond. Sinterklaas aand. Ons het vandag 'n draai by die Britse winkeltjie gaan maak en dus ook by die groot Albert Hein in Elandstraat. Ek verwonder my nog steeds aan al die heerlike kase wat hier sommer in die supermarkte beskikbaar is. Die tyd van die jaar verkoop al wat winkel is, sjokoladeletters. Die idee is om dit as geskenke vir mense te koop - verkieslik die letter van hulle naam. Ons sien toe egter iets fantasties: Kaasletters! Ek twyfel of dit gesonder is as die sjokolade ekwivalente, maar dit was heerlik.

Lekker Sinterkaas in plaas van Sinterklaas, almal!

No comments:

Post a Comment