Saturday, December 11, 2010

Midwinter fair by Alphen a d Rijn

Volgens instruksies moet die vals wimpers op skoon ooglede geplak word. Die instruksies laat niks weet oor voor die tyd hare droogblaas nie...

My hare groei nou mooi lank, maar ek moes steeds tevrede wees met 'n ekstra haarstuk om dit mooi middeleeus te maak. Die vlegseltjies is darem my eie.

Hier is dit nou... ek in my onderklere op my blog.

Kraai-mens

Groot ou met 'n klein byltjie. Aan die einde van die dag het ons by hulle hut ingeloop vir bietjie hitte. Dit was net voor die groep met 'n groot role-playing game begin het, so ons was saam met Bas (wat homself tot ons groot vermaak Roderick vir die game genoem het) in die hut toegesluit. Ek dink ons het hom banggepraat - of ten minste verwar.

Fantastiese lyf-verfwerk en make-up.

Click op die foto om die groter beeld te sien en let op die interessante patroon wat die voeltjies teen die grou lug maak.

Ons trein-buddies. Hulle het in Leiden saam met ons opgeklim en op die trein aangetrek, die kwartier wat dit gevat het om van die stasie af Archeon toe te loop al agter ons aangedrentel en gehaardloop en ons stuk-stuk verder deur die dag vermaak.

'n Reinkarnasie van Dracula

Weird and wonderful

Die outjie het op die bank langs ons s'n op die trein gesit. Hy het 'n baie interessante gat in sy oor gehad... seker nou nog. Nie die tipe ding wat mens net van ontslae kan raak nie. Maar hy was vriendelik en interessant.

Wit duet

Furry friends. Ons het 'n ontmoeting tussen die jakhals en 'n vrou met 'n klein hondjie gesien en ek was doodseker daai hondjie gaan sy baas sopnat piepie.

All in the details.

Hulle was miskien bietjie beter geklee vir die koue as ons.

Laura. Ons het heelwat tyd aan haar kostuum spandeer, maar dit was alles die moeite werd. Die eindproduk het haar goed gepas en die mantel het mooi geblend.


Daar is een aspek van my rok wat ek regtig van hou: Dit laat my skouers en bo-arms klein lyk.


Toe ons 'n paar minute binne die Archeon was, het die mannetjie in blou ons voorgekeer en ons vertel ons moet asseblief die 3-uur geveg bywoon en terwyl ek nou so mooi in blou geklee is (brownie points vir die knaap) moet ons hulle ondersteun asseblief. Natuurlik het ons.

Een van die gevegte om 3-uur. Dit was erger gechoriografeerd as WoW, maar dit was tog lekker om te sien.

Die skildknaap van die geelspan.

'n Eenhoorn! Wonder of die reenbogies piepie.

Terug op Den Haag Centraal station. Ek dink dit was die grootste gedeelte van die pret van vandag: Om so met die publieke vervoer rond te beweeg.

No comments:

Post a Comment